Uit "Klaas Geswind en Syn Perd" deur F.W. REITZ [boodskap #11154] |
Sa, 01 November 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit "Klaas Geswind en Syn Perd"
F.W. Reitz
Die drank is tog 'n snaakse goed:
Hy gee die bangste kźrel moed.
Al is 'n Hotnot nog so olik,
Een sopie maak hom netnou vrolik;
Steek hy maar net 'n dop of drie,
Dan stuit hy vir g'n duiwel nie.
Maar Klaas het darem naar gelyk,
Toen hy daar in die kerkhof kyk:
Syn bloed het wonderlik gekook,
Toen hy gewaar hoe dit daar spook:
Daar speul die duiwel op 'n tromp
Vir veertig spoke in 'n klomp:
Hul dans daar rond dat dit so gons,
Geen ouderwetse kotiljons,
Maar eers "Aleksander Klipsalmander"
Trap hulle algar met malkander;
Toen was dit weer die "hondekrap",
Totdat die sweet so van hul tap!
Die goed was byna poedelkaal,
En kyk, die vrouens was té skraal,
Maar een daarvan, 'n bietjie dikker
Maak so 'n uitgehaalde flikker
Dat Klaas, plaas van syn bek te hou,
Skree: "Arrie, dit was fluks van jou!"
Soos hy dit seg, toen moet hy ja,
Die heel boel sit hom agterna.
"Kol, loop nou dat die stof so staan,
Anders is Klaas vanaand gedaan!
Kom jy maar net die drif verby,
Dan dalkies raak jou baas nog vry;
'n Spook is nes 'n bokkapater,
Hy loop nie sommer in die water.
Toe Kol, die duiwel sny jou spoor!"
Hier lég die drif - hiert! -sy's daaroor;
Haar stert het hul glad uitgeruk,
Maar Klaas is los, dis syn geluk.
Vir dié wat lus het om te draai,
Wil ek maar net een woordjie raai:
Gedenk aan Klaas Geswind syn perd,
En vraag jouself: waar is haar stert?
|
|
|